«

May 25

Print this Post

Nuwe dokter sluit by ons aan

Vanaf 1 Junie 2020 sal Dr. Cornelis Gouws by ons Ocumed Oog en Laser Instituut span, aansluit.

Ons bestaande span Oftalmoloë bestaan uit: Dr. JA. De Lange (Snr) en Dr. JT. De Lange (Jnr).

Meer inligting oor Dr. Cornelis Gouws:
Dr. C. Gouws is ‘n algemene Oftalmoloog. Hy het ‘n liefde vir: Okuloplastiese chirurgie, retinale chirurgie, refraktiewe chirurgie en katarak chirurgie. Hy hou daarvan om sy pasiënte te sien glimlag wanneer hulle by sy praktyk uitstap.
Hy is passievol oor sy medemens en wil altyd net die beste vir sy pasiënte hê.

Hy het gekwalifiseer as ‘n mediese praktisyn by die Universiteit van Pretoria. Daarna het hy sy opleiding in Oftalmologie begin onder leiding van Dr. F. Stegmann by die Mankweng Oog eenheid in Limpopo.

Hy het sy Oftalmologie opleiding voltooi onder die leiding van Proffessor R. Stegmann by die GaRankua hospitaal. Hy het die publiek gedien vir ses jaar by Dihlabeng Provinsiale hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat. Hy het ook vir 2 jaar oorsee gewerk in die Cayman eilande. Nou is hy terug in
Suid-Afrika en is opgewonde om saam met die span by Ocumed Oog en Laser Instituut te werk.

Dr. Cornelis Gouws is lief daarvoor om tyd met sy familie en ook Sy Skepper te spandeer. Hy is iemand wat baie van die buitelewe hou en sy stokperdjies sluit in: ski, “snow boarding” en “kite surfing” asook stap roetes in die berge.

Permanent link to this article: https://www.ocumedeye.co.za/ocumedeye/nuwe-dokter-sluit-by-ons-aan/